Abdoel Aziz al-Saoed

Abdoel Aziz al-Saoed
Koning van Saoedi-Arabië
Heerskappy 23 September 1932 – 9 November 1953
Kroning 23 September 1932
Voorganger Geen
Opvolger Saoed
Koningin Verskeie
Kinders O.a. 45 seuns
Vorstehuis Huis van Saoed
Vader Abdoel Rahman bin Faisal
Moeder Sarah al-Soedairi
Gebore (1875-01-15)15 Januarie 1875
Riaad, Emiraat Nadjd
Gesterf 9 November 1953 (op 78)
Taif, Saoedi-Arabië
Begrawe Riaad

Abdoelaziz ibn Abdoel Rahman ibn Faisal ibn Toerki ibn Abdoellah ibn Mohammed Al Saoed (Arabies:عبد العزيز بن عبد الرحمن آل سعود, Abd al-'Azīz ibn 'Abd ar-Raḥman Āl Sa'ūd; 15 Januarie 1875 - 9 November 1953) was die eerste koning en stigter van Saoedi-Arabië, die "derde Saoediese staat".[1] Hy was onder verskeie name bekend, soos Abdoelaziz in die Arabiese wêreld,[2] maar was meestal in die Weste Ibn Saoed genoem.

Hy het in 1902 die tuisstad van sy voorvaders, Riaad, herower en drie dekades van verowerings begin wat hom die heerser van byna die hele Sentraal- en Noord-Arabië gemaak het. Hy het sy gesag oor Nadjd in 1922 gevestig en toe Hedjaz in 1925 verower. Hy het sy dominiums uitgebrei tot wat in 1932 die Koninkryk Saoedi-Arabië geword het. As koning het hy die ontdekking van petroleum in Saoedi-Arabië in 1938 gelei, asook die begin van olieontginning op groot skaal ná die Tweede Wêreldoorlog. Hy het baie kinders gehad – onder andere 45 seuns,[3] wat al die daaropvolgende konings van Saoedi-Arabië insluit.

  1. Current Biography 1943, pp. 330–34
  2. Robert Lacey (1982). The Kingdom. New York: Harcourt Brace Jovanovich. ISBN 978-0-15-147260-4. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  3. "King Abdul Aziz family tree". Geocities (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2019. Besoek op 23 Augustus 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search